South African Trade Publisher of the Year 2017

Search for your favourite author or book

Steve Hofmeyr

About 
Steve Hofmeyr is een van die gewildste vermaaklikheids-kunstenaars in Suid-Afrika. Benewens sy loopbaan as sanger, liedjieskrywer en akteur, is hy ook bekend daarvoor dat hy op uitgesproke wyse sy mening oor politieke en kulturele kwessies lug.
 
As akteur het hy bekendheid verwerf vir sy rolle in TV-reekse soos Agter elke man  en verskeie films en sepies, insluitende Egoli . Hy het reeds ’n menigte toekennings ontvang, onder meer Geselsprogram-aanbieder van die Jaar, platinumstatus vir CD-verkope wat die tweemiljoen-merk oorskry het (EMI), en ’n SAMA-toekenning vir grootste verkoper van musiek in Suid-Afrika oor alle genres heen. Sy outobiografie, Mense van my asem , was ’n topverkoper in 2008, en sy vier romans is gunstig deur kritici ontvang.

Titles by this author

Toe Oscar Pistorius blosend in die gange van die Brooklyn-polisiestasie by luitenant Muller...

Jamie van der Merwe is 'n jong eerstejaarstudent wat op die skrywes van 'n vermiste...

Steve Hofmeyr word as skrywer van Afrikaanse fiksie hoog aangeslaan. Sy Vier briewe vir...