South African Trade Publisher of the Year 2016

Search for your favourite author or book

Die bewaker

ISBN 
9780143539100
Format 
Trade Paperback
Recommended Price 
R240.00
Published 
August 2014
About the book: 

Vuurtoringwagter Hannes Harker word met sy vrou na ’n afgeleё eiland verplaas. Hy ontdek iets wat lank in die toring weggesteek was wat hom sy balans laat verloor, en hy val. In die hospitaal vertel hy met rukke en stote aan verpleegsuster Rika sy lewensverhaal – van sy ma se geheimsinnige dood, van sy onbeheerbare jong vrou, Aletta, en van die verlate eiland waar net die vuurtoringwagters en ghwanowerkers woon. Dié twee groepe leef saam maar tog ook streng apart op een van die onherbergsaamste plekke op aarde. Met die aankoms van ’n karakter uit Aletta se verlede kom haar eie geheime onvermydelik aan die lig, net soos die pruttende spanning en onregte wat die ghwanowerkers so lank verduur het tot uitbarsting kom in ’n enkele, skokkende gebeurtenis.

Die bewaker is die verhaal van twee geslagte vuurtoringwagters – mans verbete in hulle plig, en vroue wat saam met hulle in skrikwekkende afsondering leef. Dit is geskryf in die kenmerkende meevoerende styl waarvoor Marguerite Poland so bekend is, nou vir die eerste keer in Afrikaans.

’n Roman oor die krag van geheime, die krag van die liefde en die krag van stories.

Other titles by this author 

Others also viewed

Snags, vanaf die hawe, tuur Jan Hofmeyr oor Tafelbaai uit. Dan duik hy die diepte in, na waar die...
Die Klassieke Suid-Afrikaanse Kookboek  is ’n byderwetse Suid-Afrikaanse kookboek met...
Wil jy skryf? Het jy kundige en ervare skrywers se hulp nodig om jou ideaal te verwesenlik? Die...
Die storie gaan oor Mattie, ’n dogtertjie wat op ’n plaas woon. Sy is die enigste...