South African Trade Publisher of the Year 2017

Search for your favourite author or book

Die Wonderwerker

ISBN 
9780143530558
Format 
Paperback
Recommended Price 
R160.00
Published 
August 2012
About the book: 

Toe Eugène Marais deurtrek van malaria en morfien by ’n vreemde plaashuis in die Waterberg

ingeneem word, verander daardie huishouding heeltemal. Twee vroue ding mee om sy aandag – Maria, die huisvrou, en Jane, ’n jong meisie onder die gesin se sorg. En op hulle beurt is daar twee jaloerse mans – Gys, die eggenoot, en hul seun, Adderjan.
 
Oor die maande waarin Marais onder die sorg van die twee vroue herstel, verrig hy wat vir die plaasmense en hul bure na wonderwerke lyk. Hy versamel en ondersoek byna alles, maak diere mak en bring hulle in sy kamer in, genees besoekers. Hy “mesmeraais” mense en hou hom besig met
dinge wat soos toordery lyk.
 
Algaande bring sy teenwoordigheid in almal die verlange na iets onbereikbaars na vore, maar dis Marais se verlange na die jongmeisie, en hare na hom en na ’n ander lewe, wat al die versweë konflikte op die spits dryf.
Other titles by this author 

Others also viewed

Kom ons wees eerlik: Greg Heffley gaan nooit van sy wimpgewoontes ontslae raak nie. Iemand...
Die reeks is geskik vir jonger lesers van 6 tot 9.   Lulu Bell is agt jaar oud. Sy geniet...
In Rusland aan die begin van die twintigste eeu vind twee priesters vertroosting in mekaar se...
Om laekoolhidraat-maaltye voor te berei hoef nie vervelig of saai te wees nie. Inè Reynierse...