Search for your favourite author or book

Jack Parow - Die ou met die snor by die bar

ISBN 
9781770229037
Format 
Epub
Recommended Price 
R160.00
Published 
September 2015
About the book: 
In Die ou met die snor by die bar vertel die superster-rapper Jack Parow van sy lewe en al sy wilde, mal avonture.
 
Die storie begin agter die Boereworsgordyn en maak draaie in plekke soos Onrusrivier, The Lollipop Lounge in Randburg, Mitchells Plain, België, Nederland, Londen, Los Angeles, Hollywood en Moskou.
 
Daar is sappige staaltjies oor wilde partytjies, warm bokkies, dodgy plekke, trance-paarties en avonture in jacuzzi’s, en hy lig ook die sluier oor sy ervarings met onder andere rofstoeiers, skoonheidskoninginne, polisiemanne, hipsters in nagklubs, ’n sanger wat hom wou bliksem, ooms wat hom van verhoë gegooi wil hê en ’n stewige tannie wat met ’n krieketkolf op hom afstorm.
 
Parow beantwoord ook taai vrae wat al deur mense aan hom gevra is, soos: Is dit waar wat hulle sê van ’n man met ’n lang pet? En: Hoe kry jy dit reg om jou snor so te hou dat girls dit onweerstaanbaar vind? Hy vertel die stories agter sy gewildste songs en draai nie doekies om oor wat hy van ’n klomp goed dink nie, soos die ‘ou’ Afrikaans en die ‘nuwe’ Afrikaans, die lewe in Suid-Afrika en wat dit regtig beteken om ’n rapper te wees. Die boek bevat ook die lirieke van baie van sy treffers en talle foto’s wat nog nooit voorheen gesien is nie.
About the Author
Theunis Engelbrecht is ’n joernalis en skrywer. Hy was die leier van die band Die Naaimasjiene wie se cd Die saai lewe in die ou Suid-Afrika deur die regering verbied is.

Others also viewed

Goeiemôre, mnr. Mandela word uitgegee deur Penguin Suid-Afrika. Die Engelse uitgawe, Good...
Against a backdrop of drought, the rinderpest pandemic, the South African War, the burgeoning gold-...
In the digital age you can get into serious legal trouble at the click of a button. The shift from...
Goeiemôre, mnr. Mandela word uitgegee deur Penguin Suid-Afrika. Die Engelse uitgawe,...