South African Trade Publisher of the Year 2016 & 2017

Search for your favourite author or book

Jou Nuwe Baba: 'n Praktiese Gids Tot Jou Baba Se Sensoriese Ontwikkeling

ISBN 
9780143528081
Format 
Paperback
Recommended Price 
R260.00
Published 
January 2012
About the book: 

Bekommer jy jou oor hoekom jou baba huil? Kry jy nie genoeg slaap nie? Geen tyd vir jouself nie? Jou nuwe baba wys vir jou dat die oplossing vir al hierdie probleme, en baie ander, gelee is in jou begrip van jou baba se liggaamstaal en seine. Jy kan hierdie kennis gebruik om 'n buigsame roetine te skep wat om jou baba se behoeftes wentel en waardeur jy 'n plooibare skedule tot stand bring wat jou kind sal help om rustig en moeiteloos te slaap en kalm te wees wanneer hy of sy wakker is. Leer hoe om 'n baba-sentriese roetine te skep sodat jy nie spook om jou baba aan die slaap te kry wanneer hy of sy wakker is en wil speel nie. Verstaan jou baba se sintuie sodat jy oorstimulasie verhoed - 'n belangrike oorsaak van koliek. Bekom uiters waardevolle raad en gerusstelling by die topverkoperouteur, moeder en arbeidsterapeut, Megan Faure. Jou nuwe baba bied die sleutel tot jou baba se tevredenheid en slaap deur jou te leer om sy sensoriese wereld en tekens te verstaan.

Other titles by this author 

Others also viewed

Die reeks is geskik vir jonger lesers van 6 tot 9.   Lulu Bell is agt jaar oud. Sy geniet...
Kleinboer woon steeds in rowwe Yeoville naby Johannesburg se middestad. Hy is verknog aan sy erf...
Met die aanbreek van die nuwe skooljaar, is Greg ywerig om die afgelope drie maande agter hom te...
Die gedenkuitgawe van Newman se Voëls van Suider Afrika is 'n opdatering van 'n...