South African Trade Publisher of the Year 2016, 2017 & 2019

Search for your favourite author or book

Kruidjie roer my (Nuwe uitgawe)

ISBN 
9781415209585
Format 
Epub
Recommended Price 
R145.00
Published 
October 2017
About the book: 
Toe Antoinette Pienaar, Afrikaanse sangeres en aktrise, die eerste keer staan voor oom Johannes Willemse, legendariese Griekwa-heler, sê hy: “Hier kom Juffrou nou eers aan!”
 
Want toe het oom Johannes al byna veertig jaar lank drome gekry van die vrou met die rooi bakkie aan wie hy sy kennis sou oordra. Kennis wat terug tot in die antieke verskiet van oupa na kleinseun aangegee is. Ná jare se vakleerlingskap het die eerste uitgawe van Kruidjie roer my verskyn. Dié boek oor wat Karookruie vir jou kan doen het sy plek as klassieke werk ingeneem.
 
In Kruidjie roer my  hoor ’n mens die warm stem van Antoinette soos duisende luisteraars na haar gewilde rubriek op rsg dit ken: vol begrip en deernis, altyd met ’n staaltjie en boweal die ruimhartige mededeling van haar kennis en oom Johannes se wysheid wat nie net na jou liggaam omsien nie, maar ook jou gees dokter. 
 
’n Boek vol mooi name, soos kokkoromoniet, rooivergeetwortels en louhout. En met ’n weelde aan stories en raad wat nou weer beskikbaar is.
Other titles by this author 
Listing 
About the Author
Antoinette Pienaar is in Carnarvon as een van vyf dogters gebore en het aan die Universiteit van Stellenbosch ’n graad in drama behaal. Daarna het sy ’n loopbaan as sangeres gevolg met landwye optredes waarin sy dikwels historiese heldinne, soos Krotoa van die Kaap, besing het. Die afgelope sewentien jaar is sy vakleerling van oom Johannes Willemse diep in die berge van die Karoo.

Others also viewed

Despite the African National Congress being at the height of its powers, its future is today less...
Amateur and more seasoned tree-spotters will welcome this latest addition to the What's that?...
The book presents 50 of the most recognizable and geologically interesting sites around South...
From the moment he sees the beautiful Selena in the seminary grounds, the gates of Melchior’s...