South African Trade Publisher of the Year 2016

Search for your favourite author or book

Maklike Soet Happies

ISBN 
9781770079953
Format 
Paperback
Recommended Price 
R200.00
Published 
September 2012
About the book: 
Soos ’n mens van die titel kan aflei, is Maklike Soet Happies vir Kinders bedoel vir enigeen wat vir hul kind die perfekte partytjie wil gee sonder om die begroting te knou of ure in die kombuis deur te bring. 
 
Met betreklik min, algemeen beskikbare koekies, lekkers en versierings is dit moontlik om ’n verskeidenheid partytjie-soetgoed vir ’n seun of ’n dogter te maak. Van die temas sluit in Voertuie en Vliegtuie, Ruimtewesens en Grillerige Goed, en Prinsesse en Fantasiewoude. Leer hoe om malvalekkers, roomyshorinkies, Rice Krispies, mariebeskuitjies en ’n verskeidenheid lekkertjies te omtower in ’n oorvloed figuurtjies, diere en vorms wat jong partytjiegangers sal verstom.
 
Pragtige fotografie prikkel die verbeelding en danksy duidelike aanwysings en nuttige wenke, sal jy in ’n japtrap self aanloklike eetgoed vir ’n kinderpartytjie kan maak.
 
Other titles by this author 
About the Author
Janette Mocke published her first book, Easy Party Treats for Children, in 2012, which has sold over 12,000 copies in English and Afrikaans. Since then, she has appeared on various TV programmes, including Pasella, Expresso and Hectic Nine (SABC 2), and featured in Your Family magazine. Janette started out by baking cakes for family and friends. When she couldn’t find anyone to make her own wedding cake, she took on the task herself and the cake was such a success it convinced her to turn her hobby into a business. She is the owner of a Supacakes agency, using her creativity and talents to produce cakes, cupcakes, treats and toppers for birthdays, weddings and special occasions.

Sedert die verskyning van haar eerste boek, Maklike soet happies vir kinders in 2012, verskyn Janette Mocke gereeld op televisieprogramme, insluitende Pasella, Expresso en Hectic Nine (SABC 2), sowel as in die tydskrif, Your Family. Ná skool het sy ’n aantal suksesvolle koeke vir haar familie en vriende gebak, waaronder haar eie troukoek. Haar skeppings was so suksesvol dat sy besluit het om haar stokperdjie haar besigheid te maak. Vandag is sy die eienaar van ’n Supacake-agentskap, bak koeke en kolwyntjies, en tower peuselhappies op vir verjaardae, troues en ander spesiale geleenthede.

 

Others also viewed

Bundu Food for the African Bush is the Leatherman of cookery books! If you love the great...
In October 1899, the twenty-four-year-old Winston Churchill sailed for South Africa as war...
Ideal for anyone who wants to eliminate sugar from their diet. Based on ‘low carb high fat...
The law affects us all, and even your most basic day-to-day choices and actions have legal...