South African Trade Publisher of the Year 2016

Search for your favourite author or book

Slaafs

ISBN 
9781415207536
Format 
Trade Paperback
Recommended Price 
R210.00
Published 
February 2016
About the book: 

’n Dag in die lewe van drie speurders van die Khayelitsha-polisiestasie is nie paintball speel nie. Vra maar vir kaptein Nicci de Wee, "Ounooi" soos haar kollega Blackie haar noem. Haar priestervriendin Sally sal dit beaam en so ook Peters, wat skaars sy oë van Nicci kan afhou.

Want in Khayelitsha is die Jane Does volop: daardie vroueslagoffers wat so sonder naam op die staatspatoloog se outopsietafel beland. Maar waarom was daar vreemde vesels in die keel van ’n meisie wat aan ’n oordosis sterf en hoekom het sy en ’n tweede slagoffer dieselfde tatoeëermerk?

Weldra daal Nicci en haar kollegas af in die donker onderwêreld van mensehandel, begelei deur die enigmatiese, en verleidelike, doktor Gigi Gerber, kenner op die gebied van slawesindikate. En heeltyd, in die agtergrond, staan al die kwesbare ontwortelde mense van die wêreld.

Die speurspan in Bettina Wyngaard se nuwe riller is mense van vlees en bloed wat diep voel, in intense verhoudinge tot mekaar staan, liefhet, verliesely en die hart aangryp.

Other titles by this author 
About the Author

Bettina Wyngaard is die skrywer van Troos vir die gebrokenes (wenner van die Jan Rabie Rapport-prys) en die misdaadromans Vuilspel en Slaafs. Sy het in die regte aan Stellenbosch Universiteit studeer, waarna sy vir etlike jare lank as prokureur gewerk het. Tans is sy die ondervoorsitter van die skrywersorganisasie PEN Afrikaans. Sy woon en werk in die Overberg.

Others also viewed

Op 'n klein plekkie in die Bo-Karoo is lewe en dood soos die paaie wat in en uit die dorp loop...
A short story collection, comprising fourteen stories, the themes of which range the terrain of...
Willem Prins wanders the streets of Paris, disillusioned and glum. Once, he showed great promise...
Niemand spreek haar as Nicola de Wee aan nie. Vir Blackie, die kollega in wie se plek sy telkens...