South African Trade Publisher of the Year 2017

Search for your favourite author or book

In Sneeu Geskryf

ISBN 
9781415207437
Format 
Trade Paperback
Recommended Price 
R230.00
Published 
July 2015
About the book: 
In Rusland aan die begin van die twintigste eeu vind twee priesters vertroosting in mekaar se arms teen die Siberiese winter en die bloedige opmars van die Rooi Leër.

Dekades later, op ’n kontinent duisende kilometers ver, verruil jong Heinrich sy sukkelbestaan in ’n Karoo- dorpie vir die kitsrykdom wat ’n somer by Sizzler’s, ’n bordeel in Seepunt, hom beloof. Hier werk hy saam met Stallion, Randy en Cool Daddy. Vir sy kliënte is hy “Frikkie”, ’n boerseun wat hul wildste fantasieë waar maak.

Wanneer ’n kliënt een aand vir hom ’n gedig oor sneeu voordra, ruk hy Heinrich aan die hart. Later loop Heinrich dié man, Bertus, in ’n kuierplek raak waar die ouens van Sizzler’s uithang. Wat hulle twee nie weet nie, is dat die kelner wat vir hulle shooters aandra, teen ’n waansinnige moorddadigheid in sy eie kop baklei.
 
Die ware Sizzler’s-moorde van 2003 vind op besondere wyse neerslag in François Loots se verhaal. In sneeu geskryf knoop die lotgevalle van uiteenlopende karakters vernuftig saam – hartverskeurend, koelbloedig en anderkant die grense van ruimte en tyd.
Other titles by this author 
About the Author
François Loots het naby Prieska in die Noord-Kaap grootgeword. Hy studeer Engels, Duits en Sielkunde aan die Universiteit van Kaapstad en Unisa en werk in die onderwys, landelike ontwikkeling en in die gedrukte media.
 
Hy is die skrywer van vier romans. Rooi Jan Alleman,het op die Universiteit van Johannesburg-prys vir skeppende skryfwerk se kortlys verskyn. Nadat hy in die buiteland woonagtig was, woon en werk hy tans in Kaapstad.
 
 
Photograph © Jurgen Marx.

Others also viewed

Vyftien jaar lank kruip Muis al weg. En noudat die Karoo so droog is, wil haar man Kapok hul...
Jo de Villiers has a three-year-old son, a six-month-old baby and a husband who’s...
Polly en haar Griekse man Archie besit ’n groot boekwinkel in Randburg waar klante die...
Die vertrek waarin ek my opgestopte voëltjies in glaskissies uitgestal het, het ek ontruim....