South African Trade Publisher of the Year 2016

Search for your favourite author or book

Woudfontein: 'n Spanningsroman

ISBN 
9781415207352
Format 
Trade Paperback
Recommended Price 
R190.00
Published 
June 2015
About the book: 

Toe luitenant Roelf Bester die Wiskunde-onnie Tron Marais byna katswink slaan het hy geweet daar kom moeilikheid … 

Wat hy nie geweet het nie, is dat dié moeilikheid ’n verhoging en ’n verplasing sou insluit. Skielik is hy nou kaptein Bester, bevelvoerder van die piepklein polisiestasie op Woudfontein, naby Knysna. Hier moet hy en sy twee kollegas na vermiste luislange soek, spanning tussen die pater en pastoor ontlont en ou tannies wat groot rewolwers rondswaai paai. 
 
Totdat Tron Marais as moontlike psigopaat in die Pik Botha Sanatorium, net buite Woudfontein, opgeneem word. Tron is verbitterd en woedend oor die onreg wat Roelf hom aangedoen het. Hy is geslepe en hoogs intelligent. En hy is besig om sy wraakplan vir kaptein Roelf te verfyn …

Other titles by this author 
About the Author
Dr. Hannes Haasbroek is hoof van die Geskiedenis-departement by die Nasionale Museum in Bloemfontein. Hy lewer gereeld bydraes tot wetenskaplike joernale en koerante en van sy kortverhale is reeds in tydskrifte gepubliseer. Sy boek oor die lewe van die bekende sopraan Cecilia Wessels, Stem en legende, is in 2005 gepubliseer en sy biografie oor Bram Fischer, ’n Seun soos Bram, verskyn in 2011. Vir laasgenoemde het hy ’n sala vir niefiksie ontvang. In 2012 wen sy kortverhaal By oulike mense op die platteland in die Bloemfonteinse Skrywersvereniging se jaarlikse skryfwedstryd.

Others also viewed

Die storie van Emma en Nella. Emma maak 'n lewe vir haar en haar optelkind Nella in Blackheath...
Groentjiejoernalis Anna is twee-en-twintig en woon saam met haar twee pa’s en ’n...
“Jy is te naby aan die water,” fluister Paul. “Babers slaap in die modder. Hulle...
In Hillbrow, Berea and Doornfontein, prostitutes are everywhere. In nearby Yeoville, there are...