South African Trade Publisher of the Year 2016, 2017 & 2019

Search for your favourite author or book

Gifbeker

Event Date 
11 April 2018
Venue 
Uppercase Books, Pretoria

______________________________________________________________________________________________________________________________

Penguin Random House en Uppercase Books nooi jou hartlik uit na die bekendstelling van Irna van Zyl se Gifbeker :

  • Datum:  Woendag, 11 April 2018
  • Tyd:  18:00 vir 18:30
  • Plek:  Uppercase Books
  • Adres:  Central Square, Menlyn Maine, h/v Aramist-& Corobaylaan, Waterkloof Glen, Pretoria, 0010
  • Bespreek:  Teen Maandag, 9 April by john@uppercasebooks.co.za of 012 348 1835 

______________________________________________________________________________________________________________________________

Die boek:

Moord is op die spyskaart.
 
Speurders Storm van der Merwe en Andreas Moerdyk is terug in Irna van Zyl se splinternuwe riller, Gifbeker.
 
Storm werk nou in Hermanus en tydens ’n ete saam met haar vriendin in Zebardines, ’n spoggerige restaurant, word ’n gehate kosblogger vergiftig. Dit blyk dat daar giftige sampioene in haar kos was.
 
Dit is maar net die begin van Storm se probleme. Haar oudkollega, Andreas Moerdyk, daag sak en pak op haar drumpel op. Hy het bedank en kom soek ’n nuwe heenkome in Hermanus. Terwyl al die restaurante in die omgewing reg maak vir fooddotcom, ’n restaurant- en koswebtuiste, se toekenningsaand, waar die beste sjefs in die land vereer word, eis die moordenaar nog slagoffers. 
 
Gaan Storm daarin slaag om die moordenaar vas te trek voor haar tyd uitloop?
 
Also available in English as Death Cup.