South African Trade Publisher of the Year 2016, 2017 & 2019

Search for your favourite author or book

Katelknaap

Event Date 
01 March 2018
Venue 
Uppercase Books, Waterkloof Glen, Pretoria

______________________________________________________________________________________________________________________________

Penguin Random House en Uppercase Books bied aan Leon van Nierop se Katelknaap 

  • Datum:  Donderdag, 1 Maart 2018
  • Tyd:  18:00 vir 18:30
  • Plek:  Uppercase Books
  • Adres:  Central Square, Menlyn Maine, h/v Aramist- & Corobaylaan, Waterkloof Glen, Pretoria
  • Bespreek:  teen Dinsdag, 27 Februarie by john@uppercasebooks.co.za of 012 348 1835

______________________________________________________________________________________________________________________________

Die boek:

Leon van Nierop se blitsverkoper Plesierengel  verskyn twintig jaar gelede en dit is in hierdie boek waar duisende lesers vir Tristan Hansen ontmoet, ’n engel van plesier, ’n manlike prostituut waarvoor Johannesburg se rykste vroue duisende rande betaal.
 
Dit is egter nie die volle verhaal nie: hoe het die enigmatiese Tristan tot hier gekom? In Katelknaap kry die leser ’n blik op die vroue wat hom gevorm het en van genot geleer het. Veral saam met een vrou, ver weg in Positano, ’n dorpie in Italië, kon hy hom loswikkel van die beklemming van sy konserwatiewe ma wat hom ná sy pa se selfmoord alleen grootmaak.
 
Maar dit was ook nie die laaste beklemming nie. Op die vooraand van Tristan se 27ste verjaardag vind ons hom in sy luukse dakwoonstel in Maboneng, onrustig ná ’n vreemde foonoproep vol dreigende stilte. Terwyl hy kan voel hoe hy deur ’n verkyker dopgehou word en dat die afloerder met iets anders as begeerte na hom kyk, reik sy herinneringe terug na gelukkiger dae in Positano, en na sy opleiding in die kuns van liefdemaak.
 
Also available in English as Toy Boy
 
KLIEK HIER  om 'n uittreksel uit Katelknaap  te lees.