Search for your favourite author or book

Die Onaantasbares

ISBN 
9781776092697
Format 
Epub
Recommended Price 
R160.00
Published 
October 2017
About the book: 
Steve Hofmeyr word as skrywer van Afrikaanse fiksie hoog aangeslaan. Sy Vier briewe vir Jan Ellis  en Laaste dans, Drienie  is deur literêre kritici aangeprys. Nou ontpop dié gewilde en omstrede sanger en akteur as misdaadskrywer met Die onaantasbares
 
Die hoofkarakter in dié spanningsroman is ’n huurmoordenaar wat deur die media as “Die Sluiper” gedoop word. Hy is ’n Special Ops-veteraan wat deur die Bosoorlog “gekneus” is. Die verhouding tussen hom en sy eertydse kollegas versuur wanneer hy begin vermoed dat hulle hom verraai het.
 
Hy raak verlief op Tessa Mallet, wat later self in die visier van Die Sluiper se voormalige kliënte beland wanneer hulle besluit om van hom ontslae te raak. Nadat Tessa in hulle liefdesnes vermoor en Die Sluiper vir dood agtergelaat word, is wraak voor die hand liggend. Ná ’n uitgerekte herstelproses begin hy jag maak op die groep mense wat agter die moord op Tessa sit. Hofmeyr is ’n vaardige verteller wat lesers op ’n aksiebelaaide avontuurtog neem terwyl die adrenalien teen ’n hoë tempo vloei.
Other titles by this author 
Listing 
About the Author
Steve Hofmeyr is een van die gewildste vermaaklikheids-kunstenaars in Suid-Afrika. Benewens sy loopbaan as sanger, liedjieskrywer en akteur, is hy ook bekend daarvoor dat hy op uitgesproke wyse sy mening oor politieke en kulturele kwessies lug.
 
As akteur het hy bekendheid verwerf vir sy rolle in TV-reekse soos Agter elke man  en verskeie films en sepies, insluitende Egoli . Hy het reeds ’n menigte toekennings ontvang, onder meer Geselsprogram-aanbieder van die Jaar, platinumstatus vir CD-verkope wat die tweemiljoen-merk oorskry het (EMI), en ’n SAMA-toekenning vir grootste verkoper van musiek in Suid-Afrika oor alle genres heen. Sy outobiografie, Mense van my asem , was ’n topverkoper in 2008, en sy vier romans is gunstig deur kritici ontvang.

Others also viewed

In infinite parallel universes, there’s a version of you who already has everything you...
South Africa has produced more great all-rounders than any other country. Jimmy Sinclair was the...
Written by two experienced political communicators, this short, punchy and irreverent book...
Pocket Guide: Wild Flowers of South Africa covers some 260 flowers representing all of the...