Search for your favourite author or book

JAN – My Franse Kosverhaal

ISBN 
9781432307523
Format 
Epdf
Recommended Price 
R290.00
Published 
March 2016
About the book: 

JAN – My Franse Kosverhaal  is ’n gedenkskrif en feesviering wat voortspruit uit JAN – die welbekende restaurant in die suide van Frankryk. 

Dié restaurant is ’n vertoonstuk van die tradisionele Suid-Afrikaanse gasvryheid wat begin het op ’n plaas in die Suid-Afrikaanse platteland en voortvloei na die glansryke Franse Riviera. JAN, tans ’n eenster-Michelin-restaurant, het bewys dat drome waar kan word en dat jy eenvoudige bestanddele in ’n meesterstuk kan omskep wanneer jy jou passie uitleef. Elke hoofstuk weerspieël die stemming en inspirasie van die disse wat by JAN voorgesit word.

Die versameling van meer as 90 resepte strek van plaaslikgebakte brode, amuse bouche en watertandhoofdisse van vleis of vis, tot by die maaltye wat sjefs ná ’n lang werkdag in die warm kombuis geniet. 

JAN – My Franse Kosverhaal deur die talentvolle Michelin-ster-sjef en fotograaf Jan Hendrik van der Westhuizen, is ‘n fees vir die oë en sal beslis jou mond laat water.’ – Tuis

Other titles by this author 
Listing 
About the Author

South African-born Jan Hendrik van der Westhuizen was raised on a rural farm in the north of the country. After completing an Advanced Diploma in Culinary Arts in Stellenbosch he furthered his studies with a bachelor’s degree in Applied Design and Photography. He worked as a contributing food editor for ELLE  magazine in South Africa and Paris before relocating to Nice to open his own restaurant called JAN. Since its humble beginnings in 2013, JAN has garnered a reputation as one of the top restaurants in the south of France. This is Jan Hendrik’s second book, which continues the journey first started in The French Affair, also published by Struik Lifestyle.

Jan Hendrik van der Westhuizen het op ’n plaas in die noorde van Suid-Afrika grootgeword. Nadat hy die gevorderde diploma in kulinêre kookkuns op Stellenbosch voltooi het, verwerf hy ook ’n Baccalaureusgraad in toegepaste ontwerp en fotografie. Hy het as bydraende kosredakteur vir ELLE -tydskrif in Suid-Afrika en Parys gewerk voordat hy na Nice verhuis en JAN, sy eie restaurant, in 2013 begin het. JAN het sedertdien naam gemaak as een van die toprestaurante in die suide van Frankryk.  Dit is Jan Hendrik se tweede boek en neem die reis wat in The French Affair (ook deur Struik Lifestyle uitgegee) begin het, verder.

Others also viewed

Zanemvula Kizito Gatyeni Mda, better known as Zakes Mda, is an award-winning South African...
Aloes are the flagship plants of Africa, vividly defining the landscapes in which they occur. In...
At an army base close to Voortrekkerhoogte in Pretoria, at the height of summer and South Africa...
Hierdie opwindende reeks vir aspirant-natuurkundiges, is spesiaal ontwikkel om jong mense in te wy...