South African Trade Publisher of the Year 2016 & 2017

Search for your favourite author or book

Kruidjie roer my

ISBN 
9781415204030
Format 
Epdf
Recommended Price 
R190.00
Published 
August 2012
About the book: 

Toe Antoinette Pienaar, Afrikaanse sangeres en aktrise, die eerste keer staan voor oom Johannes Willemse, legendariese Griekwa-heler, sê hy: “Hier kom Juffrou nou eers aan!” Want toe het oom Johannes al byna veertig jaar lank drome gekry van die vrou met die rooi bakkie aan wie hy sy kennis sou oordra. Kennis wat terug tot in die antieke verskiet van oupa na kleinseun aangegee is. 

Ná sewe jaar se vakleerlingskap volg hierdie boek oor wat Karoo-kruie vir jou kan doen. Hoe dit jou kan roer – want in oom Johannes se benadering kort nie net jou liggaam heling nie, jou gees word saam gedokter. In Kruidjie roer my  hoor ’n mens die warm stem van Antoinette soos duisende luisteraars na haar gewilde rubriek Vrydagmiddae op RSG  dit ken: vol begrip en deernis, altyd met ’n staaltjie en boweal die ruimhartige mededeling van haar kennis en oom Johannes se wysheid. 

’n Boek vol mooi name, soos kokkoromoniet, rooivergeetwortels en louhout. En met ’n weelde aan foto’s, stories, raad en indekse is dit ’n familieboek vir blaai, lees en naslaan. 

Other titles by this author 
Listing 
About the Author
Antoinette Pienaar is in Carnarvon as een van vyf dogters gebore en het aan die Universiteit van Stellenbosch ’n graad in drama behaal. Daarna het sy ’n loopbaan as sangeres gevolg met landwye optredes waarin sy dikwels historiese heldinne, soos Krotoa van die Kaap, besing het. Die afgelope sewentien jaar is sy vakleerling van oom Johannes Willemse diep in die berge van die Karoo.