Search for your favourite author or book

Die diepblou see

’n Fassinerende verhaal

Snags, vanaf die hawe, tuur Jan Hofmeyr oor Tafelbaai uit. Dan duik hy die diepte in, na waar die blou water gitswart verkleur. In die donker wiebeling swem hy saam met glimmende visse, kom hy gestorwe voorsate en mitiese figure teë. Bedags hou hy sy nagtelike eskapades geheim. In die oseaan beur hy weg van die sleur wat sy lewe geword het. Hoffie, die wonderkind wat op vyftien sy eerste graad ontvang het; Jan, die minister wat onder Louis Botha én Jan Smuts in die kabinet gedien het. Dis sý soort liberalisme waarteen die vaders van Apartheid tydens die 1948-verkiesing sou waarsku. Maar wat gaan soek hy snags in die diepblou waters? François Loots vervleg kontreitaal met mitologie en die magiese om in Die diepblou see  gestalte te gee aan een van die fassinerendste Suid-Afrikaners van alle tye.
 

Wen 1 van 3 kopieë

Drie gelukkige wenners kan elkeen ‘n kopie van Die diepblou see  wen. Voltooi die kompetisievorm voor 30 Junie 2017 om in te skryf.  Bepalings en voorwaardes geld

*Verpligte velde