Skip to main content

Penguin Random House South Africa

Beneweling van bloed | The Book Keeper – Pretoria

Event Date: November 21, 2026
Venue: The Book Keeper, Winkel 2C In Shere-leefstylsentrum, Grahamweg 4, Shere, Pretoria

About The Book

Professor Nino Everhard se verlede kom haal hom in.

’n Ongehude student laai haar baba in die middel van die nag by omstrede teologieprofessor Nino Everhard af. Dan bel ’n jong meisie op vlug uit prostitusie hom om haar te red. Hulle het al vantevore ontmoet. Hy wil sy polisievriend Buks betrek, maar dié word in ’n dodelike lokval gelei. Intussen moet hy ook nog probeer om sy huwelik te red.

En dis nog net die eerste dag.

Van ver in Afrika word veertien vreesbevange meisies afgevoer na ‘n donker toekoms in Kaapstad. ’n Huurmoordenaar met wraak in sy hart is op die spoor van ‘n baba en die vrou wat sy lewe verwoes het.
Te midde hierdie storm staan die benewelde Nino Everhard. Binne 16 dae gaan sy hele lewe onherroeplik verander.

×