South African Trade Publisher of the Year 2016, 2017 & 2019

Search for your favourite author or book

GEKANSELLEER: Vier Susters Pretoria bekendstelling

Event Date 
18 June 2021
Venue 
GEKANSELLEER

___________________________________________________________________________

GEKANSELLEER

Hierdie bekendstelling is weens die nuutste inperkings, ongelukkig gekanselleer.

 

Die boek:
Op Broedersdraai is daar perde tussen vier susters. Dit is 1945. In Europa woed die Tweede Wêreldoorlog; in Suid-Afrika die stryd tussen Sap en Nat, tussen die Rooilissies en die Ossewabrandwag.
 
Ivy, die jongste, wil ’n onbevange lewe hê, ’n ander werklikheid waar sy kan liefhê wie sy wil. Sy skaar haar by die Stormjaers wat Smuts en sy oorlog in die wiele probeer ry.
Sophié staan by die regering; haar man se ambisie en loopbaan hang daarvan af.
 
Beatrice hunker na haar Boas, al het sy hom doodgewens.
 
Terwyl elkeen die struwinge van die tyd aan eie lyf voel, is dit Kietie wat verder as haar drie susters sien.
 
Waar Domenico Valente, ’n Italiaanse krygsgevangene, sy verskyning maak, word die spanning op die spits dryf.
 
Gerda Taljaard se Vier susters  is ’n priemende roman wat die tradisies van die historiese en die plaasroman omkeer.
___________________________________________________________________________
 
Vier Susters

Vier Susters

Gerda Taljaard

Koop nou

___________________________________________________________________________