Search for your favourite author or book

Jagter

Event Date 
21 February 2019
Venue 
Grabouw
 
Penguin Random House en Liberty Books nooi jou hartlik uit na die bekendstelling van Jagter :
 
Bettina Wyngaard in gesprek met Maryke Roberts.
 
Datum: Donderdag 21 Februarie 2019
Tyd: 18:00 vir 18:30
Plek: Liberty Books
Adres: Winkel 23, Grabouw Mall, Oudebrugstraat, Grabouw
RSVP: christy@libertybooks.co.za / 072 350 3592
 
Die Boek:
Klippe, messe en pyle uit ’n kruisboog: Die vreemste – en wreedste –misdaadtoneel in Kaptein Nicci de Wee se loopbaan
 
Dan moet sy en haar nuwe taakspan boonop bontstaan om saam met die nimlike Blackie Swart ’n internasionale insident te voorkom. Ook op haar lessenaar: die dood van twee jong meisies. En die angswekkende vermoede dat al hierdie sake met mekaar verband hou. Met soveel kinkels in die kabel soos dooies in die staatslykhuis, moet Nicci-hulle alles tot hul beskikking inspan om ’n nuwe hel af te weer: van ’n rekenaarfundi, tot stiletto’s en selfs ’n paar petrolbomme. 
 
Gou kom Nicci agter die monsters wat haar lewe en dié van haar kollegas bedreig, is gevaarliker as Ramoth, vlymskerp polisiefotograaf Stella Jansen se mak Komododraak.
 
In Jagter,  haar derde Nicci de Wee-riller, draai Bettina Wyngaard al die krane oop.
 
KLIEK HIER  om die uittreksel te lees.