Penguin Random House South Africa

Categories: Afrikaans, Crime & Thrillers, Fiction, Local Fiction, Adult
ISBN: 9780799367751
Published: May 2014
Page Extent: 283
Format: e-Book
RRP 300.00

Die 13de kaart

Formats & Editions

Product Image
e-Book
About the book

Belia is ’n forensiese sielkundige en deel van die span wat ’n reeksmoordenaar moet ontmasker. Dié is ’n hoogs intelligente mens wat tergende leidrade op die misdaadtoneel laat, asof hy wil hê hulle moet hom vind. Die boodskap by elke slagoffer verwys na ’n spesifieke tarotkaart en Belia kry die spoor elke keer net te laat. Trouens, sy kan later voorspel wie die volgende slagoffer is, maar die moordenaar is haar elke keer een voor sodat sy die moord nie kan verhoed nie. Later begin die moordenaar sy slagoffers kies uit diegene wat die naaste aan Belia is. En die getal dertien word ’n refrein wat niemand kan miskyk nie. Maar daar is iets wat haar ontwyk, iets waarop sy haar vinger nie kan lê nie, nie betyds nie, in elk geval. Is die moordenaar dalk iemand uit...

About the Author

Madelein Rust

Madelein Rust

Madelein Rust se liefde vir die geskrewe woord begin in die klein skoolbiblioteek van Brandwag Primêr in Bloemfontein, waar sy pousetye die een boek na die ander verslind. Sy slyp haar skrywerstande reeds op skool, waar sy uitblink in stelwerk en opstelkompetisies. As jong ma sluit sy aan by die Bloemfonteinse Skrywersvereniging, waar sy ’n aantal pryse wen in die vereniging se jaarlikse skrywerskompetisie vir amateurskrywers.

Read more

More titles by this author

×