“Ons, net soos ’n voël het ons ontvlug uit die net van voëlvangers: Die net is gebreek en ons, ons het ontvlug.” (Ps. 124:7). Die meeste mense beland die een of ander tyd in ’n net van ellende. Die planne wat jy gemaak het, het in duie gestort, en jou lewe val uitmekaar. Jy het jou lewensmaat verloor, of jou werk, of jou gesondheid het ingegee. Jy het die moed verloor om aan te hou lewe.
In die Christelike geloof is daar die troosryke boodskap van ’n net wat inderdaad gebreek het: Met die sterwe van Jesus is die toegang tot God vry gemaak vir almal. Die prys vir die skuld van die mensdom is betaal, sodat alle mense God te alle tye met vrymoedigheid kan nader.
Die blydskap oor die gebreekte vangnet kan egter slegs ervaar word deur diegene wat weet van...
As dosent in Afrikaans en Nederlands, het Chris van der Merwe in byna elke faset van taal- en letterkunde klas gegee, waaronder kursusse in
Afrikaanse drama en prosa, asook literêre teorie. Hy het talle artikels in Afrikaans, Engels en Nederlands geskryf en was die skrywer, medeskrywer of redakteur van sewentien boeke. Sy navorsing het oor die jare veral gehandel oor sosiopolitieke kwessies en die ekspressie van moraliteit en waarheid in die letterkunde. Sedert die 1990's het hy in sy navorsing veral begin fokus op tipiese kwessies in 'n post-apartheid-Suid-Afrika - kwessies soos identiteit, trauma, skuld, vrees en vergifnis in 'n samelewing in oorgang. Met sy aftrede as professor in Afrikaans en Nederlands aan die einde van 2009 het die Universiteit van Kaapstad emeritus status aan hom toegeken. Chris is ook die skrywer van die gewilde boeke, Die gebreekte net en The Broken Snare.