Penguin Random House South Africa

Categories: Afrikaans, Children, Children's Fiction, LAPA Kinder & Jeug, Local Non-Fiction, Teen, Kinder & Jeug
ISBN: 9780637002615
Published: October 2023
Page Extent: 144
Format: Paperback
RRP 200.00

Een dag in Julie

Formats & Editions

Product Image
Paperback
Product Image
e-Book
About the book

Matt háát haar. Kiana, die koningin. Sy pa se nuwe vrou wat stil-stil hulle lewens kom oorneem het tydens die Covid-inperkings, net nadat sy ma oorlede is. Hy mis sy regte ma. Hy mis Saterdagoggende se plaatkoekies bak saam met sy pa. Hy mis sy eksmeisie. Hy mis hoe alles was voor Kiana. En toe, een dag in die Julievakansie, word als erger. Eers kom waai Kiana sy slegte rapporte rond. Toe vat sy Matt se TV weg. Toe sy reke-naar, en uiteindelik ook sy selfoon.Genoeg is genoeg. Kiana bied hom ’n ultimatum: óf hy aanvaar haar gesag, óf hy loop uit die huis uit. Matt kies opsie twee … en dit word een lang dag in Julie wat alles kan verander.

About the Author

Nerine Ahlers

Nerine Ahlers

Nerine Ahlers het aan die Hoërskool Menlopark gematrikuleer en aan die Universiteit van Pretoria gestudeer, waar sy in 1985 ’n M.A.-graad verwerf het. As gekwalifiseerde taalonderwyseres, hoofsaaklik in Frans, gee sy ook klas in Afrikaans en Duits op hoërskool, onder andere by St. Mary’s DSG en die Hoërskool Menlopark in Pretoria. Sy is getroud met Johann Ahlers en het twee dogters, Joekie en Rianné.

Read more

More titles by this author

×