Ek het finaal besluit. Ouens is agterbakse miswurms. Net wanneer jy op jou gelukkigste saam met ’n ou is, bars die borrel. Hy cruise aan na die volgende meisie en jy voel soos ’n gek. Verwerp en verneuk en alleen. Ek is klaar met ouens. Ek gaan eendag in die berge in ’n klein huisie bly en groente plant. Iewers in die Himalajas waar daar geen mans is nie. Ek wil nooit in my lewe weer ’n man sién nie.
Nadat haar vorige ou haar verkul het, besluit Annabelle sy stel nie meer in ouens belang nie. Daar is baie ander dinge waaraan sy al haar tyd en aandag kan bestee. Soos haar spysenieringsbesigheid, haar skoolwerk en haar kleinsussie, Mila, wat nog sukkel om hulle ma se dood te verwerk. Maar dan ontmoet sy ’n blouoog-hunk wat haar laat twyfel … Moet sy dalk...
Nerine Ahlers het aan die Hoërskool Menlopark gematrikuleer en aan die Universiteit van Pretoria gestudeer, waar sy in 1985 ’n M.A.-graad verwerf het. As gekwalifiseerde taalonderwyseres, hoofsaaklik in Frans, gee sy ook klas in Afrikaans en Duits op hoërskool, onder andere by St. Mary’s DSG en die Hoërskool Menlopark in Pretoria. Sy is getroud met Johann Ahlers en het twee dogters, Joekie en Rianné.
Read moreAlet Steenkamp is a co-author with Nerine Ahlers. They write young adult fiction in Afrikaans with the aim to write stories that readers can enjoy. Their books Selfone, skelms en sjokolade and Liefde is… both received an ATKV-award. Alet is especially proud of their suspenseful title, Weg, that is used as a class reader at several schools.
Read more