In hierdie fantastiese leesreeks vertel Wendy Maartens die klassieke dierestories in eenvoudige taal wat selfs die huiwerigste beginnerlesers kan baasraak. Titels in die boekpak:
Ek lees self 13 Rooi hen bak brood
Ek lees self 14 Die drie rammetjies rof
Ek lees self 15 Padda word kwaad
Ek lees self 16 Muis red leeu se lewe
Ek lees self 17 Die gans wat goue eiers kon lê
Ek lees self 18 Sprinkaan leer werk
Wendy Maartens woon tans in Melkbosstrand. Wendy se passie is om kinders te help om hulself, hul leefwêreld en mekaar oor kultuurgrense heen beter te verstaan deur die stories van hul komvandaan. Haar volksverhale, legendes en ware stories tot heldeverhale, dierestories en spookstories trap diep spore in die literêre storielandskap van bewaring, Sy bemagtig kinders om die uitdagings van elke dag d.m.v. stories die hoof te bied. Ander titels van Wendy wat onlangs verskyn het: Jeremia en die Amandelboom, Ek lees self reeks, My hart is oppi plaas!, Donkie se lang pad dorp toe en vele meer.
Read more