Losloper. Die woord gee Elle koue rillings. Maar dit is presies wat sy vanjaar gaan wees. Alex gaan saam met een of ander stapelgek avonturier om die wêreld vaar, terwyl sy stoksielalleen by Gravitas moet agterbly. ’n Kloosterkoek wat nie in ’n ander ou se rigting kyk nie en die Valentynsbal en die Graadelfdans gaan misloop. Boonop lyk dit asof dit die ergste skooljaar van Elle se lewe gaan wees, want sommer op dag een verloor sy:
- haar status as ’n meisie met ’n ou;
- haar haarstyl;
- haar waardigheid voor die hele skool;
- en die silwer ketting en sleuteltjie wat Alex vir haar gegee het.
Die enigste lekker vooruitsig is die Aprilvakansie, wanneer sy en Refi saam Parys toe gaan. Dan maak ’n aantreklike uitruilstudent met stoute groen oë egter...
No biography available for this author.