Skip to main content

Penguin Random House South Africa

Categories: Children, Children 9-12 Years, Children's Non-Fiction, Klaskameraad, Local Non-Fiction, Afrikaans
ISBN: 9780799370409
Published: April 2015
Page Extent: 74
Format: e-Book
RRP 140.00

Hoe Vinnig is ’n Volstruis?

Formats & Editions

Product Image
e-Book
About the book

Daar is sommer baie dinge wat mense by voëls kan leer. Kom vlieg dus saam deur die wonderwêreld van voëls. As jy hoogtevrees het en eerder wil saamloop, maak dit ook nie saak nie.

Hierdie volkleur boek is propvol foto’s, illustrasies en feite oor Suider-Afrikaanse voëls. Vind uit watter voël kan die heel vinnigste hardloop, watter een kan nie vlieg nie, hoekom is flaminke pienk en watter voël is die liedjiekampioen. Onderwerpe wat behandel word sluit in: pote, snawels, sintuie, migrasie, voeding en broeigewoontes.

About the Author

Leon de Villiers

Leon de Villiers

Leon de Villiers is een van die mees bekroonde skrywers van kinder- en jeugboeke in Afrikaans. Hy is onder meer met die Scheepersprys, die Sanlamprys, die M.E.R.-prys, die ATKV-kinderboektoekenning, die C.P. Hoogenhouttoekenning en die Alba Bouwerprys bekroon. Van die kinderboeke wat uit sy pen verskyn het, sluit in Droomoog Diepgrawer, Die Groot Koelte, Erik en die kido-dinges, Parmant, Maroelaboomstories en Aliens en engele.

Read more

More titles by this author

×