Familiegeheime dreig om hul geluk te verongeluk ... Mona se huwelik eindig op ’n laagtepunt en haar eksman het goed daarin geslaag om haar minderwaardig te laat voel. Ná haar onverwagse erflating gee nie net die finansiële voordele haar nuwe selfvertroue nie maar veral die besef dat sy oor haar eie lewe en sukses beskik. Só kom dit dat sy ’n gastehuis cum skrywershuis begin waar skrywers kan kom werk. Sy kry met skrywers van alle soorte te doen, sommige aspirerend, ander so bekend dat hulle werk in verskeie tale vertaal word. Tydens die Woordfees op Stellenbosch is daar veral een bekende skrywer wat die vroue op hol het en Mona allesbehalwe onaangeraak laat. Of sy inderdaad spesiaal is vir hom en of sy haar verbeel, is ’n vraag wat sy maar self moet probeer...
Malene Breytenbach woon in Stellenbosch met haar man, Willie. Sy het al byna vyftig romanses geskryf. Sy skryf ook romans, kortverhale en koerantartikels en lewer gereeld resensies vir tydskrifte en koerante.
Read more