Penguin Random House South Africa

Categories: Local Non-Fiction, Non-Fiction, Philosophy & Religion, Adult, Afrikaans
ISBN: 9781776358205
Published: October 2023
Imprint: LUCA
Page Extent: 212
Format: Trade Paperback
RRP 270.00

Kom saam

Formats & Editions

Product Image
Trade Paperback
Product Image
e-Book
About the book

Kom saam: Inspirasie vir jou lewensreis is spesiaal geskryf vir vroue wat inspirasie, wysheid en hoop nodig het vir hul lewensreis. Ons dae is tot oorlopens toe vol met aktiwiteite, beplanning, besluite, krisisse en vrese. Hoe weet ons wat is die regte keuses as daar so baie is? Wat gebeur as ons verkeerde besluite neem en hoe hanteer ons die gevolge? Elke dag moet ons te midde van die gewoel koers kies en antwoorde gereed hê oor die lewe vir onsself en ander; en nie net ten opsigte van ons persoonlike- en werksverhoudinge nie, maar ook ons geloof. Gelukkig is daar ook vreugde, vriende en samesyn op die paaie van ons lewensreise – en ons betroubare, drie-enige God. Hierdie dagstukkies nooi jou uit om teen jou eie pas Jesus Christus beter te leer ken, om te begryp hoe innig...

About the Author

Sonja Goldberg

Sonja Goldberg

Sonja Goldberg was ’n grondslagfase onderwyseres en departementshoof vir 15 jaar by Paarl-skool in Brackenfell, wat ’n skool vir serebraal- en fisiese gestremde leerders is. Sonja tree ook op as spelterapeut en berader en het ’n graad in Teologie en Berading. Sy is getroud en het drie volgroeide kinders. Sonja skryf graag oordenkings vir radio asook stukkies vir die YouVersion Bybel-toep. Haar man, Eddie Goldberg, bedryf sy eie klankateljee en hul neem al vir die afgelope vyf jaar Sonja se oordenkings hier op vir Radio Tygerberg en PEFM. Haar oordenkings en preke word ook op RSG uitgesaai en sy is ook op die YouVersion toep te vinde.

Read more

More titles by this author