Lemmer Bosman, ’n gewese Spes Ops-man, vind ná sy opdrag in Gaborone uit sy opdraggewers het eintlik bedoel hy moes ook sterf. Aan sy kant is net een vrouespeurder en een joernalis.
Peet Venter se eerste roman, Die Alleenlopers, is in 1979 gepubliseer deur Nasionale Pers. Daarop volg ‘n verdere nege werke, meestal speurrillers, maar ook geskiedkundige verhale, asook ‘n aantal kortverhale in verskeie bundels, almal gepubliseer deur JP van der Walt / LAPA Uitgewers. ‘n Verskeidenheid kort- en vervolgverhale verskyn ook in Keur. Venter is aan ‘n raadgewende ingenieursfirma in Pretoria verbonde. Hy woon op sy plaas in die Dinokeng-bewaria.
Read more