Penguin Random House South Africa

Categories: Afrikaans, Children, Children's Fiction, LAPA Kinder & Jeug, Local Non-Fiction, Teen, Kinder & Jeug
ISBN: 9780799355826
Published: May 2012
Page Extent: 88
Format: e-Book
RRP 180.00

Liefde laat jou Rice Krispies anders proe

Formats & Editions

Product Image
e-Book
Product Image
MP3 format
About the book

Marzanne Odendal is'n uitgesproke tiener wat daarvan droom om eendag'n beroemde joernalis te word. Ouens is min of meer laaste op haar lysie van dinge waarin sy belang stel — sy gaan eendag rondom die wêreld reis op soek na opwinding en avontuur, sonder'n jaloerse kêrel of'n man en kinders wat haar by die huis hou.Maar haar beste vriendin, Nadia, is'n kenner as dit kom by verlief wees. Sy glo as jy eers jou hart op'n ou verloor het, is níks meer dieselfde nie — jou kleinboetie kry dit skielik nie meer reg om jou te irriteer nie, jy kry sommer lus en gee jou mees gehate onderwyser'n drukkie en selfs jou Rice Krispies proe anders…Marzanne, aan die ander kant, sal eerder kaalvoet deur'n skeermeslemmetjiefabriek stap as om met iemand soos Armand Hattingh uit te gaan....

About the Author

Tania Brink

Tania Brink

Tania Brink is die dogter van twee baie normale ouers en die eienaar van ’n baie abnormale hond. Vandat sy vyf jaar oud is, is haar grootste droom om stories te skryf. Sy beskryf haar verhale as “stroperige liefdesverhale vir tieners wat siek en sat is vir stroperige liefdesverhale”. Haar gunsteling-tydverdryf is om op maanligaande op die strand perd te ry. Ongelukkig bly sy deesdae baie ver van die see. Sy glo in die krag van die liefde, die wonder van sonroom, prinse op wit perde, en Sondagmiddagslapies. Sy het reeds vier ATKV-Kinderboektoekennings gewen.

Read more

More titles by this author

×