In Sabbatsreis vertel Annelie Botes hoe sy in 2004 blindelings op ’n vliegtuig geklim het om in Engeland ’n ouma te gaan soek wat sy kon oppas. Om haar skuld te betaal. Vir ’n hellejaar vol hemelsheid word sy Granny se hoeder. Maar genoeg is selde genoeg. Kwalik ses maande nadat sy teruggekom het Baai toe, vlieg sy wéér Engeland toe. Dié keer as die goewernante van vier onhebbelike bloubloed-seuntjies. En, soos Aspoestertjie, bevind sy haar in ’n grillerige ou kasteelhuis, en sy is net ’n kasteelbediende. Sy ly honger; sy verkluim. Sy moet haar karige leefruimte deel met die wandelende gees van ’n vrou wat lankal oorlede is, maar steeds snags in die kasteelgange rondloop. Om vir haar ’n wegkruipplek te skep, rig sy ’n antieke Mercedes-Benz vol muisneste, wat...
Annelie Botes (28 Junie 1957–12 Desember 2024) was een van Afrikaanse se gewildste roman-, kortverhaal-, reis- en rubriekskrywers. Romans soos Trippel sewe, Klawervier, Raaiselkind, Thula-Thula, Swart op wit en Katvis het uit haar pen verskyn. Sy het vir meer as twee dekades rubrieke vir verskeie publikasies gelewer. Annelie se werk is wyd vertaal en verskeie literêre pryse is aan haar toegeken
Read more