Skip to main content

Penguin Random House South Africa

Categories: Afrikaans, Fiction, Local Fiction, Short Stories & Anthologies, Adult
ISBN: 9780639605975
Published: January 2022
Page Extent: 280
Format: e-Book
RRP 255.00

Lyfskap

Formats & Editions

Product Image
Paperback
Product Image
e-Book
About the book

“Liefde, welke soort ookal, kom nooit alleen nie.” ’n Versamel erotiese verhale oor die liefde, wellus, genot, soete verleiding, passie, honger en vlamvat. Deur skrywers soos Maya Fowler, Joan Hambidge, Zirk van den Berg, Fanie Viljoen, Riana Scheepers, Jan Vermeulen, Irna van Zyl, Hans Pienaar, Marion Erskine, Leon van Nierop en Kerneels Breytenbach.

About the Author

Sophia Kapp

Sophia Kapp

Sophia Kapp skryf die soort stories wat sy self graag lees – liefdesromans. Sy glo onwrikbaar in die liefde en in die helende krag daarvan, maar glo ook dat haar hoofkarakters dieselfde sout as haar lesers moet opeet voordat hulle die vervulling daarvan mag smaak. Daarom plaas sy haar heldinne binne realistiese, lewensgetroue situasies en laat sy hulle spook met geloofwaardige krisisse waardeur vroue dwarsoor die wêreld en die sosiale spektrum moet worstel: verraad, verlies, egskeiding, affairs, miskrame, middelmisbruik, moeilike tieners, bagasie van vorige verhoudings ... Maar vir elke heldin wat bereid is om hierdie krisisse aan te pak en te oorkom, is daar ’n held, ’n man wat by haar pas en haar waardig is; iemand saam met wie sy binne ’n vervullende verhouding geborgenheid vind. En saam met haar op haar reis is daar haar susters – bloedsusters en hartsusters – wat haar optel as sy val, wat haar dra as sy moeg word en wat saam met haar dans wanneer sy feesvier. Die erflating is in 2008 met die ATKV-Woordveertjieprys vir Liefdesromans bekroon en Huis van die wind in 2012. Sophia was ook twee agtereenvolgende jaar die wenner van die Rapport-prys vir die mees inspirerende dosent in die Fakulteit Lettere en Wysbegeerte aan die Potchefstroomkampus van die NWU. Sy het ’n MA in tale aan die destydse UOVS behaal en het aanvanklik ’n akademiese loopbaan gevolg, maar sy was intussen al alles, van ’n barrista tot ’n boekhouer in ’n bank. Tans is sy, benewens ’n skrywer, ook taalpraktisyn, vertaler, dosent en lid van die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.

Read more
Leonie van Rensburg

Leonie van Rensburg

No biography available for this author.

More titles by this author

×