Mary, oftewel Prinses Marié Elizabeth van Habsburg, staan op trou met Prins Octavius van die prinsdom van Kyburg. Hy is egter ver van haar ideale man: Oorlogsugtig en wreed. Dan daag ‘n belangrike brief vir haar op. Met die lag in sy oë laat hy dadelik haar hart vinniger klop. Daar mag egter niks tussen hulle wees nie. Sal Mary van Francis se betowerende soene kan vergeet? Gaan sy plig, eer en haar familie se goeie naam eerste plaas? En wat gaan Francis kies: Die bloedband met sy broer of sy liefde vir Mary?
Dina Botha is 'n liefdesverhaalskrywer wat al met vyf ATKV-Woordveertjies vereer is. Reeds as tiener was sy lief vir lees, maar sy het nooit formeel probeer skryf nie. In 2006 vervul sy op 42 een van haar groot hartsbegeertes, toe haar eerste Romanza, In ruil vir 'n hart, verskyn. Tans het sy 92 Romanzas, insluitend 8 SuperRomanzas, agter haar naam. Sy woon in Centurion saam met haar man en is die trotse ouma van twee kleinkinders.
Read more