Die Laerskool Reënboogrant gons oor die straatnommerdief. Wie steel soggens voor skool koperstraatnommers in die buurt? Shani is egter te besig om haar veel aan die stories te steur – sy en Liz is vasberade om vanjaar as dirigente vir die interlaer gekies te word. Maar Rachelle het haar eie idees oor Shani-hulle se dirigenteklere – en waar Rachelle is, is daar altyd moeilikheid …
Maritha Snyman het baanbrekerswerk vir Afrikaanse kinderboeke gedoen en sy het veral bekendheid verwerf danksy haar leserstudies op die gebied. Sy is die skrywer van topverkoper-kinderboeke soos die Liewe Lawwe Lagboek-reeks, ’n Annerste ABC-boek vir aspatatte, en verskeie titels in die Reënboogrant-reeks.
Read more