Emmalynn James wil trou vir liefde en dink Benjamin Worthington - die Markies van Hemmingford - is die aantreklikste man denkbaar. Hy is egter buite haar bereik want Edmund Blackmore en sy moeder het reeds besluit sy is sý aanstaande vrou.
Corné was as jong meisie op Paulpietersburg al baie lief vir lees en het as tiener gedroom oor die dag wanneer sy haar eie boeke op winkelrakke sou sien. In 2016 is haar droom bewaarheid toe haar eerste roman, Testament van liefde gepubliseer is. Sedertdien het verskeie ander boeke gevolg. Sy glo ’n goeie romanse bied jou ont-vlugting wanneer jy dit die nodigste het. Dit laat jou nog glo in die mooi van die lewe.
Read more