Zara is vasbeslote om nooit ’n vervelige getroude lewe te lei nie, maar een van avontuur. Sy leer vir Fernando ken en raak verlief op sy eksotiese voorkoms en geheimsinnige identiteit.
Daar is egter reeds ’n vrou en ’n baba in sy lewe. Hy betaal Zara met silwermunte om na die baba om te sien terwyl hy na die ma gaan soek. Hy weier egter om te sê waar die munte vandaan kom. Sy begin vermoed dat hy die seerower is wat ’n trommel vol soortgelyke muntstukke van ’n handelskip in die hawe van Tafelbaai geplunder het.
Sy bewaar egter sy geheime, want die geld help om haar pa se dobbelskuld aan Hendrick Vanloveren te vereffen. Op dié manier sal haar pa se skandes ten minste ’n geheim bly. En sy hoef nie met Hendrick te trou as betaling van haar pa se skuld...
Frenette van Wyk is ’n romantikus en skryf graag sprokies met die soort gelukkige eindes waarin elke vrou heimlik wil glo. Sy woon in Pretoria saam met haar man en is ’n trotse ouma. Haar verhale bied vir haar net soveel ontvlugting en avontuur as vir haar lesers.
Read more