Soos ’n vuishou in die maag. So tref hierdie bundel kortverhale vir tieners jou. Van die bekendste skrywers in Afrikaans span saam vir ’n boeiende leeservaring. Al die stories in hierdie bundel het een ding gemeen – hulle is uit die perspektief van hedendaagse jongmense geskryf en takel kwessies waarmee tieners hulle sterk kan vereenselwig.
Die 30 splinternuwe kortverhale in hierdie bundel is geskryf deur 22 uiteenlopende skrywers – van bekende skrywers soos Jan van Tonder, Riana Scheepers, Martie Preller en Jaco Jacobs tot opwindende nuwe stemme soos Lydia du Plessis en Arnold Vermaak.
Na 'n loopbaan as hoërskoolonderwyser is Adinda Vermaak 'n vakadviseur vir Afrikaans in die Wes-Kaap Onderwysdepartement. Behalwe haar vernuf in Afrikaans, het sy ook 'n belangstelling in geskiedenis waarin sy 'n meestersgraad verwerf het. Sy is die skrywer en medeskrywer van vele opvoedkundige boeke. Verder is sy die aanbieder van verskeie landswye werkswinkels oor redenaarsvaardighede, kreatiewe skryfwerk en hoe om hoërskoolleerders met leesprobleme te ondersteun.
Read moreMarieta Nel, ’n voormalige onderwyseres, is ’n kenner op die gebied van letterkundeopvoeding op skoolvlak. Sy het verskeie hoog-aangeskrewe studiegidse geskryf en is die medesamesteller van die gewilde kortverhaalbundels Sweef, Skreeu en Die Perfekte Brander.
Read more