Skip to main content

Penguin Random House South Africa

Categories: Local Non-Fiction, Non-Fiction, Philosophy & Religion, Adult, Afrikaans
ISBN: 9781776358182
Published: April 2023
Imprint: LUCA
Page Extent: 192
Format: Paperback
RRP 250.00

Sober

Formats & Editions

Product Image
Paperback
Product Image
e-Book
About the book

Menige individue en gesinne worstel onder die swaar juk van verslawing wat verwoesting saai. Met Sober: ’n Praktiese gids na vryheid van verslawing bied professor Willie Pienaar hoop vir almal wat in die strik van verslawing vasgevang is. Verslawing is ’n breinversteuring wat die verslaafde kompulsief afhanklik maak van nadelige, maar lonende stimuli. Tog is daar hoop op bevryding. Hierdie boek fokus op alkoholmisbruik en verskillende tipes verslawing word ook bespreek. Die skrywer lei die leser met behulp van feite en motivering tot herkenning, en uiteindelike erkenning op die pad na soberheid en oorwinning. Pienaar is ’n psigiater en terapeut wat vir meer as dertig jaar in die veld van verslawing werk. Sy kennis, ervaring en innige empatie maak van hom...

About the Author

Willie Pienaar

Willie Pienaar

Willie Pienaar en sy vrou woon in Bellville. Hy is 'n Professor Emeritus aan die Universiteit van Stellenbosch. Willie was 'n algemene praktisyn op die platteland waar hy die vernietiging wat alkoholmisbruik veroorsaak, eerstehands beleef het. Hy het in psigiatrie gespesialiseer en het as dosent en terapeut voltyds betrokke geraak by die wêreld van verslawing. Sy doktorale
tesis fokus op alkohol en die brein. Prof. Pienaar is ook betrokke by die provinsiale en nasionale beplanning van gesondheidsdienste en rehabilitasie in die veld van verslawing. Pienaar is sedert 1982 'n lid van die Stiklandhospitaal
se multidissiplinêre span by die eenheid vir alkohol-rehabilitasie. Hy verwerf in 2000 'n MFil-graad in Bioetiek aan die Universiteit van Stellenbosch.

Read more

More titles by this author

There are no more products for this author.