Die gewildste perdestories in Afrikaans!
Die eerste vyf boeke in die Stalmaats-reeks verskyn nou vir die eerste keer saam in een lekkerlees-omnibus!
Anri se lewe word onverwags op sy kop gekeer toe haar pa verplaas word en hulle moet verhuis. Sy mis haar beste maat en haar ou ryskool. Maar gelukkig ontmoet sy vir Megan en Karen, twee ruiters by haar nuwe ryskool. Sommer gou word Anri deel van die opwinding by die Dagbreek-ryskool waar sy gekies word om saam met die res van die Stalmaats die beginnerruiters te help.
Daar wag hope avonture vir haar saam met Sugarplum, die spierwit merrie wat dadelik diep in haar hart kruip, en al die ander ongelooflike perde wat deel is van die ryskool. Die katterige Vinette is gedurig besig met allerlei planne om die lewe...
No biography available for this author.