Die 30 splinternuwe kortverhale in hierdie bundel is geskryf deur 25 uiteenlopende skrywers – van bekende jeugboekskrywers soos Martie Preller, Leon de Villiers, Jaco Jacobs, Zulfah Otto-Sallies en Fanie Viljoen tot opwindende nuwe stemme soos Marietjie Vos en Christo Davids (beter bekend as Errol van 7de Laan).
Na 'n loopbaan as hoërskoolonderwyser is Adinda Vermaak 'n vakadviseur vir Afrikaans in die Wes-Kaap Onderwysdepartement. Behalwe haar vernuf in Afrikaans, het sy ook 'n belangstelling in geskiedenis waarin sy 'n meestersgraad verwerf het. Sy is die skrywer en medeskrywer van vele opvoedkundige boeke. Verder is sy die aanbieder van verskeie landswye werkswinkels oor redenaarsvaardighede, kreatiewe skryfwerk en hoe om hoërskoolleerders met leesprobleme te ondersteun.
Read moreMarieta Nel, ’n voormalige onderwyseres, is ’n kenner op die gebied van letterkundeopvoeding op skoolvlak. Sy het verskeie hoog-aangeskrewe studiegidse geskryf en is die medesamesteller van die gewilde kortverhaalbundels Sweef, Skreeu en Die Perfekte Brander.
Read more