Penguin Random House South Africa

Categories: Afrikaans, Children, Children's Fiction, LAPA Kinder & Jeug, Local Non-Fiction, Teen, Kinder & Jeug
ISBN: 9780639603964
Published: March 2021
Page Extent: 344
Format: e-Book
RRP 255.00

Tania Brink Omnibus 1

Formats & Editions

Product Image
Paperback
Product Image
e-Book
About the book

Lees nou drie van Tania Brink se gewildste tienerliefdesverhale in een lekkerleesliefdesomnibus! My hart is vol graffiti Lara het die perfekte ou. Maar wanneer sy en haar beste vriendin, Vanessa, ’n artikel vir ’n tienertydskrif moet skryf oor graffiti, ontmoet hulle ’n regte graffitikunstenaar wat hulle aan ’n opwindende nuwe wêreld bekend stel ... My eerste soen en ander dinge wat jou uit die bloute kan tref Toe Reza op haar blog vertel van haar rampspoedige afspraak met ’n ou van die seunskool, het dit onverwagte gevolge. Skielik kan sy uit honderde ouens kies – en een van hulle sal die kans kry om haar op ’n droom-date te vergesel ... Ouens is nie pizzas nie Anja en Zanelle werk vir die Desembervakansie in ’n pizzarestaurant by die see, en dan ontmoet...

About the Author

Tania Brink

Tania Brink

Tania Brink is die dogter van twee baie normale ouers en die eienaar van ’n baie abnormale hond. Vandat sy vyf jaar oud is, is haar grootste droom om stories te skryf. Sy beskryf haar verhale as “stroperige liefdesverhale vir tieners wat siek en sat is vir stroperige liefdesverhale”. Haar gunsteling-tydverdryf is om op maanligaande op die strand perd te ry. Ongelukkig bly sy deesdae baie ver van die see. Sy glo in die krag van die liefde, die wonder van sonroom, prinse op wit perde, en Sondagmiddagslapies. Sy het reeds vier ATKV-Kinderboektoekennings gewen.

Read more

More titles by this author

×