Skip to main content

Penguin Random House South Africa

Categories: Children, Children 9-12 Years, Children's Non-Fiction, Klaskameraad, Local Non-Fiction, Afrikaans
ISBN: 9780799355901
Published: November 2012
Page Extent: 136
Format: e-Book
RRP 170.00

Thomas@aqua.net

Formats & Editions

Product Image
e-Book
About the book

Die derde avontuur in die topverkoper-reeks Thomas@ is hier! Die toetsreeks is verby en ’n wonderlike langnaweek by die see lê vir Thomas-hulle voor. Maar dan begin dinge lelik skeefloop: Thomas ontdek ’n deurtjie in die vloer van hulle strandhuis wat reguit lei na die skuilplek van die gevaarlike perlemoensmokkelaar, Sharky Fortuin; sy beste vriend, Hannes, gedra hom skielik soos ’n alien en hy betrap vir Alexandra en Lukas saam op ’n afgeleë plek tussen die rotse - en dit terwyl Lukas weet dat Thomas mal is oor haar! Dan is daar ook nog Bianca, die blonde meisie wat Thomas in die grot onder die huis ontmoet het. Sy vriende dink hy is koekoes of dat sy verbeelding oortyd werk, maar hy wéét dat hy haar gesien en met haar gepraat het. Soos die vorige twee boeke in...

About the Author

Carina Diedericks-Hugo

Carina Diedericks-Hugo

Carina Diedericks-Hugo is gebore in Johannesburg en het grootgeword in Pretoria en Kaapstad. Ná matriek aan Herschel Girls’ School in Kaapstad, studeer sy aan die Universiteit van Stellenbosch en behaal die grade BA (Internasionale Studies), honneurs Afrikaans en Nederlands en MPhil (Joernalistiek). Sy is die skrywer van die Thomas@-reeks wat te sien is as ’n TV-reeks op kykNET, en ander boeke sluit in Koning Henry, Operasie M.I.A.A.U., Permanente Ink en Die verdrinking van Josua van Eden. Sy is al benoem vir die Sanlamprys vir Jeuglektuur en die M.E.R.-prys. Sy het die ATKV-Kinderboekprys reeds ses maal gewen. As sy nie stories skryf nie, werk sy as bemarkings- en handelsmerkbestuurder in die wynbedryf. Carina woon op Stellenbosch en put haar inspirasie uit lees, deur vreeslik baie kaas te eet, Osbloed-wyne en vonkelwyn te drink, haar twee katte, en kuiers Sondae op ’n stoep.

Read more

More titles by this author

×