Penguin Random House South Africa

Categories: Afrikaans, Children, Children's Fiction, Local Non-Fiction, Teen
ISBN: 9781776357581
Published: June 2022
Imprint: LUCA
Page Extent: 336
Format: e-Book
RRP 245.00

Toe als groen was

Formats & Editions

Product Image
e-Book
About the book

Normaal. Daai woord, daai ding wat ek nooit sal wees nie.

Op haar agtiende verjaarsdag loop Marné weg van die huis af. Weg van Die Sending waar sy grootgemaak is tussen groen valleie. Weg van die kultus met hulle tienduisend reëls wat haar hele lewe beheer.

Sy begin ’n nuwe lewe by haar tannie in Klerksdorp en probeer leer hoe om ’n doodnormale meisie te wees tussendeur die uitdagings van matriek in ’n nuwe skool. Sy maak nuwe vriende, en dan is daar die kitaarspeler met die mooi groen oë …

Maar na jare van breinspoeling en manipulasie is dit nie so maklik om weg te breek van die sendingdogtertjie wat sy eens was nie. En haar ouers en Die Sending sal nie ophou om haar te probeer opspoor nie.

’n Aangrypende grootwordverhaal oor die...

About the Author

An-Mari do Carmo

An-Mari do Carmo

An-Mari do Carmo word as tuisskoolkind groot op 'n plaas in Noordwes, waar sy van kleins af 'n liefde ontwikkel vir lees en skryf. Van graad 10 tot matriek woon sy Domino Servite School by op die KwaSizabantu Sending in KwaZulu-Natal, die kultus waarin sy grootgemaak is. In 2017 behaal sy haar BA-graad in Taal en Literatuurstudie, met Skryfkuns as hoofvak, aan die NWU-Potchefstroom. Nadat sy vir sewe maande in Frankryk gewerk het, begin sy in 2018 vir LAPA Uitgewers werk as kinder- en jeugboekredakteur en werk vandag steeds voltyds vir Penguin Random House. Haar introvert-hart geniet dit tans om van haar huis in Klerksdorp te werk. Sy bly saam met haar man, Walter, en versamel meer boeke as waarvoor hulle plek het. Toe als groen was is haar debuutroman.

Read more

More titles by this author