DIE BOEK
Die Vasbyt Vyf is almal op Handré se oom se wildsplaas vir ’n ontspannende vakansie na hulle ontvoering en ontsnapping. Altans, dis veronderstel om een te wees – tot hulle pens en pootjies in nog ’n avontuur beland.
Nadat hulle op ’n velduitstappie verdwaal en op ’n pas gestroopte renoster met ’n babakalfie afkom, besluit hulle om die renosterstropers te probeer keer. Hulle het vinnig ’n verdagte en leidrade, maar die grootmense wil hulle nie glo nie: hulle dink die kinders jaag spoke op na hul eie traumatiese ervaring.
Dit hang van die Vasbyt Vyf af om weereens hulle eie helde te wees en die renosters te red.
THE BOOK
The Vasbyt Vyf are all at Handré's uncle's game farm for a relaxing...
Eleanor Lombard is in 1950 in Kaapstad gebore. Op skool in Hoërskool Kemptonpark blink sy uit in drama en ontvang in haar matriekjaar 'n ATKV-jeugtoneel oorkonde as beste toneelspeelster in Transvaal. Na haar skoolloopbaan verwerf sy 'n BA graad aan Tukkies, 'n onderwysdiploma (met lof) in Potchefstroom en 'n honneursgraad in geskiedenis aan UNISA. Tydens haar onderwysloopbaan is sy lektrise in Afrikaans aan die Bellville Opleidingskollege. Sy en haar man, Pieter, is lief vir reis en sy publiseer gereeld reisartikels. Sy skryf ook verskeie radiodramas en was 'n finalis in die RSG/Sanlam radiodrama-skryfkompetisie. Sy debuteer in 2022 met Jy handle dit net. Eleanor en Pieter woon tans in Tergniet, naby Mosselbaai. Sy is die ma van drie kinders en die trotse ouma van twee kleinkinders.
Read more