Emma dra verskriklike verwyte in haar binneste rond. Sy het iets vreesliks gedoen en dit kou aan haar. Sy voel al klaar moeilik om lief te hê met haar mollige lyf en haar vaal gelaatstrekke. Miskien as sy ook funky en blond en pret kon wees sou sy liefde kon vind. Sy wil ook weet hoe dit voel om iemand se arms styf om jou te voel … iemand soos Burger Botha.
Dis ’n eensame pad wat sy stap en die laaste mense by wie sy kan troos soek is haar ma en suster. Die Bybelversies van haar kindertyd weergalm in haar kop en herinner haar dat sy eintlik maar ’n closet Christen is. Sy weet wat sy verkeerd gedoen het, wat sy aangevang het, maar hoe gaan sy dit regmaak? Waar begin sy om na vergifnis te soek?
As ’n mens nie van jouself hou nie is dit moeilik om te glo...
Kristel Loots woon in die Kaap. Sy is ’n meesterstorieverteller en skryf graag oor menswees, vrouwees en die vele interessante fasette daarvan. Kristel het ’n humoristiese skryfstyl wat baiekeer aan die tragikomedie en dieper aspekte van die lewe raak. Meer as vyftig boeke, insluitend romans en chicklit, het al vanuit hierdie veelsydige skrywer se pen verskyn.
Read more