Die derde spanningsroman in die Thys Krige-reeks, waarmee Venter naam gemaak het. Krige se speurinstink lei hom hierdie keer na Zimbabwe, waar ’n joernalis iets aanskou het wat hom sy lewe kan kos.
Peet Venter se eerste roman, Die Alleenlopers, is in 1979 gepubliseer deur Nasionale Pers. Daarop volg ‘n verdere nege werke, meestal speurrillers, maar ook geskiedkundige verhale, asook ‘n aantal kortverhale in verskeie bundels, almal gepubliseer deur JP van der Walt / LAPA Uitgewers. ‘n Verskeidenheid kort- en vervolgverhale verskyn ook in Keur. Venter is aan ‘n raadgewende ingenieursfirma in Pretoria verbonde. Hy woon op sy plaas in die Dinokeng-bewaria.
Read more