Lilly maak sedert graad elf besluite met haar kop en ignoreer haar hart heeltemal. Maar blykbaar het haar hart voete van sy eie en loop waar hy wil. Veral agter haar eerste liefde - Migael - en ou herinneringe aan.
René van Zyl is 'n bekroonde Suid-Afrikaanse skrywer met meer as twintig liefdesromans op haar kerfstok, asook jeugverhale en samesweringsromans. Sy is die wenner van die 2024 ATKV-Woordveertjie vir Romanses en die 2020 ROSA Imbali-toekenning.
Haar jeugromans is besonder gewild, waarvan Tuimeltrein, wat vanaf 2026 vir Graad 12 IEB/AET-leerders voorgeskryf is, getuig. Tieners geniet ook Die Monster in my Melkskommel (PRH) - 'n unieke spanningsverhaal wat sensitiewe kwessies rondom trauma op 'n empatiese én humoristiese wyse aanpak.
Haar ander werk sluit die samesweringsrillers Die Alfadokument en Die Omegakomplot in, asook die Middeleeuse aksie-avontuur-jeugverhaal Wee Monk's Tale: The Secret of Immortality. René is ook die skepper van die interaktiewe kinderkerk-kurrikulum Bybelboekwurm en het reeds meer as twaalf gemeenskapsmusiekproduksies geskryf en op die planke gebring. Haar verbeeldingsreise en stories help haar om 'n soms moeilike werklikheid te oorleef, en daarom is humor en hoop die twee wapens waarmee sy haar skryfwerk én die lewe aanpak.
Read more