Parool / Parole is ’n keur van sy toesprake wat steeds literêre, politieke en filosofiese vure aansteek. Elke redevoering – wat tussen 1968 en 2015 in Afrikaans en Engels by verskeie geleenthede regoor die wêreld gelewer is – skakel historiese momente in die ontwikkeling van die Afrikaanse en Suid-Afrikaanse letterkunde met sleuteloomblikke in Breytenbach se loopbaan en lewe. So staan sy toespraak by die Sestiger-somerskool in 1973 uit as ’n waterskeidingsmoment vir Afrikaanse skrywers se benadering tot sosiale betrokkenheid in hul werk. In sy Rapportprys-aanvaardingstoespraak, in 1986, konfronteer Breytenbach Afrikaners kaalvuis oor hul instandhouding van ’n apartheid-polisiestaat. En wie sal Breytenbach se pleidooi in die Paleis van Justisie in 1975, waar hy hom...
No biography available for this author.