Toe die vier Ierse O’Connor-broers, Sullivan, Declan, Liam en Rooney, besluit om ’n volhoubare ontwikkeling op Fynbosbaai bou, loop hulle hulle vas in Anke Joubert en haar vriendinne, kampvegters vir die omgewing.
Anke, ’n akademikus, skryf oor die perlemoenstropers in die omgewing. Miné du Toit plaas foto’s van bedreigde spesies op sosiale media. Eden Fourie probeer deur haar kuns mense bewus maak van die broosheid van die Biosfeer. En Lika Bester, skrywer en eienaar van die plaaslike boekwinkel ondersoek die verdwyning van ’n skooldogter ’n jaar tevore. Hou dit met die stropery verband? Hoe meer vrae die vriendinne vra, hoe meer dreigemente ontvang hulle.
Toe die eerste slote vir die Ierse broers se ontwikkeling gegrawe word, kom hulle op menslike...
Elsa Winckler is ’n internasionaal gerekende romanseskrywer met talle boeke op haar kerfstok. Kenmerkend van Winckler se werk is haar onafhanklike, hardekwas heldinne, wat sy heerlik afspeel teen sterk maar sensitiewe helde.
Read more