DIE BOEK
Hugo en sy ma het na Chengdu in China verhuis. Hugo is nogal 'n senuweeagtige kind en hy het allerhande bygelowe – bo-aan die lys is die nommer 13. Almal weet bose dinge gebeur as daardie nommer betrokke is. Wanneer die hysbak in hul woonstelgebou aanhou om by die 13de verdieping te stop en Hugo begin knipperende oë sien in die donker sien wanneer die deure oopgaan, beteken dit sekerlik dat die spook van Sarah Mallory hom teister, nie waar nie? Hoekom anders gebeur allerhande vreemde en onverklaarbare dinge met Hugo in hierdie land vol mites en legendes?
‘n Naelbyt-verhaal wat perfek is vir jonger tiener!
THE BOOK
Hugo and his mom have moved to Chengdu in China. Hugo is quite a nervous child, and he has all...
De Wet Hugo is 'n laerskoolonderwyser en werk al vir meer as 'n dekade by 'n Britse internasionale skool in Saoedi-Arabië. Hy kom oorspronklik van 'n Bolandse wynplaas buite Worcester af, maar noem Kleinmond deesdae sy Suid-Afrikaanse tuiste. Hy is die skrywer van onder andere die gewilde Grilgrypers- en Kies-jou-avontuur-reekse en in sy vrye tyd lees, reis en fliek hy graag.
Read more